
Amelia en Āniali

Amber en haar ouma, tannie Theresa
| Apologies if you can't read Afrikaans -- that's just too bad. If you wanna find out who these people are, I have written a bit of English about them here.
The photos are not shown in the order that they were taken.
OK, dis seker nou nie nodig vir my om vreeslik te verduidelik wie wie is nie, maar vir Liezel se benefit (en vir ander extended family wat nou nie sal weet nie) gaan ek darem 'n stukkie byskryf.
Om dit te kan doen, sal ek nou eers die stamboom so 'n bietjie moet verduidelik. My oupa en ouma aan my ma se kant het drie kinders gehad: my oom Piet, my ma Louisa, en my oom Jannie. Oom Piet het met tannie Theresa getrou, en hulle kinders is Amelia en Johan. My ma het met my pa getrou (haai, toevallig, nč!); hulle kinders is ek,Tania, en my broer, Anton. Oom Jannie het met tannie Laura getrou en haar probeer oorreed om saam agt kinders te verwek, maar sy het haar voet neergesit by die vierde een. Hy het verder besluit dat jy niemand 'n guns doen deur vir hom die lewe maklik te maak nie; daarom het hy vir hulle weird name gegee wat uiters moeilik is om te tik omdat hulle vol strepies en onverwagse letters is, en waarvan hulle die uitspraak gedurig aan mense moet verduidelik. Hulle is Jčanni (en ek waarborg nie dat dit korrek gespel is nie, hoor, maar dis hoe ek dit onthou), Āniali, Ohann en Nadya.
Goed, nou die volgende geslag. Uit Amelia se eerste huwelik is geen kinders gebore nie. Haar tweede man (Marius) het wel kinders uit 'n vorige huwelik. Johan het met Sonneke getrou, en 'n honeymoon baby verwek. Haar naam is Amber. Ek het met Mikhailo getrou, en ons het nie kinders nie; uit Anton se huwelik met Ruth was daar ook nie kinders nie, en hy en Liezel is van plan om te trou, maar daar is nog nie onmiddellike planne vir die uitbreiding van die gesin nie.
Āniali het met haar skoolkys, Lock, getrou, en die baba wat sy verwag is 'n seuntjie. Hy sal die familienaam, Johannes Jakobus Lock, kry (ek hoop ek het nou alles reg gespel), maar sy noemnaam sal Luka wees.
Jčanni het getrou met Etienne, Ohann se meisie se naam is Ilani (sy was die instigator van die ooievaarstee), en Nadya se boyfriend se naam is Charl.
Āniali is nogal suksesvol daarmee om die uitgebreide familie geleentheid te bied vir saamtrek. Dit was juis met haar verjaarsdag 'n paar jaar gelede wat al die niggies laas saam was. |